Climate Neutral Group se AgriCarbon-program beloon boere vir herlewingslandboupraktyke

17 Augustus, Kaapstad:

Suid-Afrikaanse boere wat herlewingslandboupraktyke toepas kan nou ekstra inkomste verdien deur die land se eerste internasionaal erkende koolstofvergoedinsprogram vir die landbousektor.

Boere word uitgenooi om voor 30 September 2021 aan te sluit by Climate Neutral Group se AfriCarbon-program. Sodoende kan hulle die maksimum koolstofkredietinkomste verdien vanuit die koolstof wat oor die afgelope 5 jaar in hul grond opgehoop het. Hierdeur kan boere hulle eerste betaling reeds so vroeg as 2022 ontvang.

Hoofkopie

Die geleidelike verskuiwing na herlewingslandboupraktyke regoor Suid-Afrika het hierdie week broodnodige ondersteuning ontvang toe die koolstofbesturingsmaatskappy, Climate Neutral Group (CNG) hul AgriCarbon-program suksesvol gelys het in ooreenstemming met die internasionaal erkende Verra Koolstofstandaard. Hierdie is die eerste projek in die wêreld wat goedgekeur is vir die Verra Pyplynlysting deur die gebruik van die Verra koolstofmetodologie “VM0042: Improved Agricultural Land Management”.

Vir die meeste boere word die skuif na herlewingslandbou hoofsaaklik gedryf deur die toenemende verhoging in insetkoste, die afname in grondkwaliteit en in reaksie op uitdagende droogtetoestande. Nou is daar uiteindelike ook direkte finansiële voordele beskikbaar vir boere wat herlewingslanboupraktyke toepas deur middel van koolstofkredietinkomste.

“Enige boer wat tans herlewingslandboupraktyke toepas, of beplan om dit in die toekoms te doen, en elke jaar gronddata aan ons kan verskaf, kan deelneem aan die AgriCarbon-program” sê Nyasha Shumbayarerwa, Climate Neutral Group se Landbou- projekkoördineerder.

Gray Maguire, Projekbestuurder by CNG bevestig dit: “Die prioriteit is tans om boere wat reeds herlewingspraktyke toepas en bestaande gronddata het in te skryf in die program sodat hulle die maksimum voordele kan verkry en beloon word daarvoor dat hulle pioniers in die lanbousektor is. Ons is baie opgewonde oor die groot belangstelling in ons Program en oor die eerste boere wat reeds ingekryf het”.

Die AgriCarbon-program, wat deur Climate Neutral Group bestuur word, verskaf aan boere ‘n addisionele bron van inkomste deurdat dit hulle help om landboukoolstofkrediete, wat baie hoog in aanvraag is, te sertifiseer en te verkoop. CNG bepaal die hoeveelheid koolstofkrediete wat gegenereer is op die plaas deur die gronddata wat van die boer ontvang word. Dit word dan by die koolstofouditeur en uiteindelike aan die Verra-koolstofstandaard ingedien. Die insluiting van meer plase in die AgriCarbon-program lei tot ‘n noemenswaardige afname in koolstofontwikkeling en ouditkoste per plaas en sodoende word die inkomste vir boere tot die maksimum verhoog. Deur by die Program aan te sluit vermy boere die kompleksiteit en hoë koste wat daarmee gepaardgaan om self koolstofkrediete te sertifiseer. Sodende kan boere eerder fokus op die gesondheid van hulle grond en hulle besigheid.

Franz Rentel, Direkteur vir CNG Suid-Afrika sê: “Maatskappye in Suid-Afrika en regoor die wêreld verbind hulle nou tot net zero koolstofvrystelling en is opsoek na die hoogste kwaliteit koolstofkrediete. Hulle wend hulle tot die landbousektor om krediete te koop wat boere ondersteun in die oorgangsproses na boerderypraktyke wat koolstof vanuit die atmosfeer onttrek en die grond verryk. Climate Neutral Group, tesame met hulle vennote, bied die ondersteuning, tegnologie en finansiering wat boere instaat stel om die hoogste kwaliteit koolstofkrediete wat maatskappye sal wil koop te genereer”.

Boere het tyd tot 30 September 2021 om vir die Program aansoek te doen. Vir meer besonderhede besoek https://climateneutralgroup.co.za/agricarbon/

Vir medianavrae en versoeke vir onderhoude met Franz Rentel, Nyasha Shumbayarerwa of Gray Maguire kontak melissa.baird@climateneutralgroup.co.za

Meer oor Climate Neutral Group

Climate Neutral Group (CNG) is verbind daartoe om klimaatsverandering te bestry en maatskappye te ondersteun op hul strewe na net zero koolstofvrystelling teen 2050 volgens die Parysooreenkoms. Ons span toegewyde kundiges ondersteun meer as 3000 maatskappye wêreldwyd om ‘n ware impak te maak op die klimaat. Hierdeur het ons al meer as 10 miljoen ton CO₂ verreken en die lewenskwaliteit van miljoene mense bevorder. CNG is in 2002 gestig deur Triodos Bank en DOEN Participation en het sedertdien baie vinnig uitgebrei. CNG is wêreldwyd werksaam met kantore in Nederland, België en Suid-Afrika. CNG is ‘n stigtersvennoot en lid van The International Carbon Reduction and Offset Alliance (ICROA) sedert 2008. CNG is ook B-Corp gesertifiseer sedert 2015 en ingeskryf by ISEAL sedert 2019.

News articles

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Wetlands for Human and Planet Wellness

Wetlands for Human and Planet Wellness

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day