TE RUIL: Sonlig vir kontant

Boere behoort aan die voorpunt te wees van besluite oor klimaatverandering weens kweekhuisgasse. Die landbou is die ekonomiese sektor wat regstreeks deur veranderende weerpatrone geraak word, en dra self tot aardverwarming by. Dit is egter waarskynlik ook die enigste sektor wat koolstof direk aan die atmosfeer kan onttrek.

Kortom

  • Klimaatverandering hou ’n ernstige bedreiging vir die landbou in, en kan landbouproduksie wêreldwyd teen
    2050 met 17% laat verminder.
  • Die landbou is een van die groot sondaars wat organiese koolstof wat in die grond vasgevang was, in die atmosfeer vrylaat, maar het ook ’n reusepotensiaal om koolstof weer in die grond vas te lê deur grondbewerking
    tot die minimum te beperk.
  • Boere kan ’n bykomende inkomste verdien deur koolstof namens ander ondernemings in die grond vas te lê.

Die opmerklike veranderinge in die aarde se klimaat wat sedert die middel van die vorige eeu waargeneem word, kan in groot mate, indien nie uitsluitlik nie, voor die deur van menslike bedrywighede gelê word. Só meen die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO). Die mens se vermoë om die planeet se landskap te verander, tesame met die toenemende bevolkingsgroei, stel die mensdom in staat om die natuurlike staat van die planeet onbedoeld en onvoorsiens, maar ook onherstelbaar te verander.

Read More

 

 

 

News articles

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Wetlands for Human and Planet Wellness

Wetlands for Human and Planet Wellness

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day