Landbouweekblad Herlewingslandboukonferensies 2023

Deur Dr Stephano Haarhoff

 

Dit was weereens tyd vir die gewilde Landbouweekblad Herlewingslandboukonferensies op Reitz en Ottosdal. Soos altyd was die hoof tema om boere te voorsien van nuwe grond-, gewas- en veebestuursbenaderings, wat hulle in staat sal stel om meer klimaat-slim en ekonomies volhoubaar te boer oor die langtermyn. Hierdie tema stem ooreen met Climate Neutral Group (CNG) se AgriCarbon program, wat daarop gemik is om boere te beloon vir die toepassing van herlewingslandboupraktyke.

Die hoof boodskap van beide plaaslike en internasionale gassprekers was om eerder op wins te fokus as opbrengs. Opbrengs-gedrewe boerderystelsels vereis duur eksterne insette wat die boer blootstel aan hoë ekonomiese verliese indien swak weerstoestande voorkom. Rick Clark, ‘n suksesvolle herlewingslandbou boer van die VSA, meen die gebruik van grondbiologie om grondgesondheid op te bou is die basis van ‘n wins-gedrewe boerdery. Ander groot dryfvere is die insluiting van vee- en gewasdiversifikasie om voedingstofsiklusse te verbeter en grondkoolstof te verhoog.

Voorleggings was beklemtoon deur veldbesoeke waar konferensiegangers kon sien hoe dekgewas- en ultra-hoëdigtheid beweidingspraktyke werk. Grondverdigting en ongebalanseerde pH-vlakke was bespreek, asook hoe ‘n boer hierdie struikelblokke kan aanpak tydens die oorgang van konvensionele na herlewingslandboupraktyke.

As ‘n beduidende rolspeler om die toepassing van herlewingslandbou te bevorder, word die AgriCarbon program belyn met boere om hulle by te staan met die uitdagings in hulle pad. Die AgriCarbon span verskaf professionele leiding aan boere rakende koolstofkrediete en gepaardgaande herlewingslandboupraktyke, en bevorder sodoende ‘n verskuiwing na volhoubare voedselproduksiepraktyke regoor Suid-Afrika. Die AgriCarbon-span was bly om by die konferensies verteenwoordig te word deur Dr Stephano Haarhoff, die AgriCarbon program landboukundige. Dr Haarhoff se werk het voorheen gefokus op geenbewerking- en herlewingslandboustelsels. Hierdie vorige werk het hom met insigte verskaf oor die voordele en uitdagings verbonde aan herlewingslandbou, hoe om dit te oorkom. Dr Haarhoff speel ‘n belangrike rol in die ondersteuning van boere tydens hul oorgang van konvensionele na herlewingslandbou. By die twee boeredae kon hy netwerk en herlewingslandbou met boere en ander industrie rolspelers bespreek om verdere insigte te kry oor die daaglikse uitdagings waarmee boere worstel en hoe om dit in die AgriCarbon program in te bou.

Die bereidwilligheid van die boere om nuwe kennis te leer en uitdagings te oorkom was opwindend om te aanskou. Dit was duidelik dat ons boere voedselsekerheid wil waarborg deur volhoubare boerderystelsels te gebruik: gesonde grond verseker gesonde Suid-Afrikaners.

 

 

News articles

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Updates to the South African Carbon Tax 2024

Wetlands for Human and Planet Wellness

Wetlands for Human and Planet Wellness

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day

COP28 – DAY 10: Food, Agriculture and Water Day